Alliansie waarsku regering


  • 24 Jul 2013
  • Die Burger
  • – Elise Tempelhoff

Alliansie waarsku regering 1

JOHANNESBURG. – Die burgerregteorganisasie AfriForum en die omgewingsorganisasie Treasure the Karoo Action Group (TKAG) het die regering gister gewaarsku om géén groot en omstrede projekte aan te pak sonder om SuidAfrikaners vooraf daaroor te raadpleeg nie.

Jonathan Deal, uitvoerende hoof van TKAG, het gereageer op uitlatings eergister deur Gwede Mantashe, sekretarisgeneraal van die ANC, wat volgens Times Live gesê het die regering sal “omstrede projekte wat die ekonomie ’n hupstoot sal gee, voortdryf – al beteken dit hy word hof toe geneem”.

Mantashe het volgens die koerant verwys na skaliegasontginning, wat glo die sukkelende ekonomie “vorentoe sal vat”.

Hy het volgens dié koerant ook gesê die ANC “is moeg gepraat”.

Deal het gesê die ANC het die besluit oor skaliegasontginning deur “geheimhouding en die verspreiding van vals inligting” laat vasval.

“Ministers is natuurlik nie bang om hof toe te gaan nie – hulle is nie vir die regskoste aanspreeklik nie,” het Deal gesê.

%d bloggers like this: